Philip Moolman

This is some blog description about this site

Philip Moolman

Philip Moolman

PHILIP MOOLMAN – residensiele kunstenaar, by Die Blou Hond Teater Restaurant - word deur sommige mense onthou, as Neil Macdonald van “Sonkring,” of Andre Vorster van “Egoli.” Ander assosieer hom, met die helikopter-waaghals, in die program "Skattejag," of met die twee romantiese hoofrolle, wat hy in die Afrikaanse rolprente: "Die Prins van Pretoria" en "Inside Out" gespeel het.

Sy loopbaan het afgeskop (voor Egoli en Sonkring se dae) met die wen van `n landswye sang-en liedjieskryfkompetisie in 1989 - die televisieprogram "GRAFITTI" se "Ster 90" kompetisie. (Dit was die "Pop Idol`s," van daai tyd.) Daarna het verskeie T.V.-produksies gevolg, soos Die Sonkring, EGOLI, Wenners, Die Netwerk, Torings, Die Fourth Reich, Rhythm City, Binnelanders, High Rollers, Sterlopers ens... asook musikale verhoogproduksies, soos: Ester, Liefling en Ons Vir Jou.

Maar Die Blou Hond het Philip Moolman die besigste gehou (die afgelope 10 jaar) waar hy meeste van die vertonings self hanteer het, met afwisseling, deur ander top kunstenaars, soos Prime Circle, Chris Chameleon, Arno Carstens, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Koos Kombuis, Coenie de Villiers… en ongeveer 50 ander bekende plaaslike kunstenaars, wat oor 10 jaar geroteer het. 

Intussen skryf en toonset hy `n magdom Afrikaanse en Engelse liedjies, wat uiteindelik nou die lig gaan sien, met meer tyd op hande, sedert Die Blou Hond-perseel in Johannesburg verkoop is; en die die hele wenresep - saam met die "Hoofhond" en sy hele databasis, van duisende kliente ( "reune, tewe en werpsels") nou oorgeskuif het, na die spoggerige Casa Toscana - in Pretoria - waar Philip nou nie meer die volle restaurant eienaarskap en bestuur hoef te hanteer nie, maar suiwer op die kreatiewe kant van sake kan fokus.

Die hande-vat (of liewer "poot-vat") van die "Blou Bul" en die "Blou Hond" beloof om groot opskudding in Pretoria; asook in die Afrikaanse musiek-kultuur landswyd te veroorsaak, aangesien kunstenaars reg oor die land (asook die publiek) honger is vir venues wat die toets van die tyd kan deurstaan, soos die geliefde Blou Hond wat vir meer as `n dekade lank uit sy nate bars; tesame met die stylvolle Casa Toscana, wat (in eie reg) lank reeds sterk gevestig is. 

Ja-nee, die "hond" het `n bakgat nuwe "hok" gevind; en Pretoria is die PERFEKTE nuwe leplek. Vroeer: `n informele, loslit, residensiele huisteater-restaurant. Nou: die spoggerige "Herehuis-kennels," van Casa Toscana.

Die Blou Hond was nog nooit `n S.P.C.A. / pavement special / steekbaard, of straatbrak gewees nie; maar NOU het hy onteenseglik, `n volbloed Pretoria PEDIGREE HOND geword - met al die inspuitings, inentings, ontvlooiings, ontwurmings en splinternuwe “liksens-pampiere”; waar Philip Moolman (asook dosyne ander TOP Suid Afrikaanse kunstenaars) nou EERS `n "hond uit `n bos" gaan sing! 

 LJM4614 sml
Toe ek en Henrico Coetzer​ ons klanktoets doen, om in die voorprogram op te tree, van DRIE VAN DIE BESTES, toe maak ek die grappie en se: “Dalk moet o...

Posted by on in Blou Hond
 LJM4434 sml
Baie mense ken die Prime Circle​ liedjies soos die palm van hul hand – net omdat hulle dit al baie op die radio gehoor het – maar hulle ken nie noodwe...

Posted by on in Blou Hond
Black20170811 0234 sml
BlackByrd​ by Die Blou Hond was onvergeetlik. Drie beeldskone dames saam op die verhoog wat die gehoor meesleur met die een treffer op die ander. Hull...

Posted by on in Blou Hond
20637799 807991589361088 7421390950375846234 n
Blou Hond stigter en meester van seremonies, die merkwaardige Philip Moolman Page​ betree die verhoog en verwelkom die gehoor. Met sy aansteeklike hum...

Posted by on in Blou Hond
20638563 807981019362145 3993200473525331442 n
Arno Carstens​ het vir die grootste deel van sy loopbaan slegs in Engels gekomponeer en gesing. Die onlangse vrystelling van sy eerste Afrikaanse albu...

Posted by on in Blou Hond
Jak De Priester​ het Die Blou Hond-gaste op `n musikale lewensreis geneem, op 27 Julie, 2017.Hy sing liedjies uit sy studentedae, sy reise oorsee, sy ...

Posted by on in Blou Hond
As jy eendag `n groot verjaardagpartytjie wil hou en jy het begroting om `n kunstenaar van formaat te kan bekostig, onthou die naam Pieter Smith​ – jy...
Met die reuk van popcorn en Casa Toscana se smaaklike buffet in die lug, kan jy die opgewondenheid aanvoel in die gehoor vir die legendariese Valiant ...
#Blouhond is vanaand weer gevul met opwinding oor Brendan Peyper​ wat op die verhoog kom kuier. Eerste op die verhoog is die merkwaardige Philip Moolm...

Posted by on in Blou Hond
Toe Koos Kombuis​ instap by Die Blou Hond, op Donderdagaand 20 Julie 2017, toe neem dit my onwillekeurig terug na 1985, tydens my eerste jaar op Stell...
IMG 8786 sml
Blou Hond verwelkom met ope arms vanaand vir die eerste die merkwaardige Neil Somers​ & Zanda Traut Songwriter​ op die verhoog. Gaste deel stories...

Posted by on in Blou Hond
IMG 8551 sml
It was another beautiful cold evening at the Blou Hond with awaited faces and a buzz of excited people, to hear and enjoy the entertainment the Blou H...
IMG 7116 sml
Die eerste keer toe ek Juanita du Plessis​ ontmoet het (lank voor Ruan en Franja se geboorte) was in `n biljard-kroeg, in Namibie. Dit was in die midd...
IMG 6944 sml
  Dit “buzz”weer met opwinding vanaand by die Blou Hond. MC vir die aand, Philip Moolman​ betree die verhoog en warm die gehoor op met sy merkwa...
IMG 0790 sml
Blou Hond is weer in rep en roer vanaand met ‘n vol huis gaste wat in spanning wag vir die manne van Touch of Class om met hul Touch of Classic verton...
IMG 4142 sml
Rocco de Villiers het weer kom kuier by Die Blou Hond met sy “gevleuel, gestryk & gestram” vertoning. Die gehoor smul heerlik aan Casa Tosca...

Posted by on in Blou Hond
IMG 5385 sml
Toe Steve Hofmeyr by Die Blou Hond instap, toe kom daar baie herinneringe terug. Ek onthou, hoe ons saam in #EGOLI was. Steve het die rol van (rowwe d...

Posted by on in Blou Hond
 LJM9542 sml
Blou Hond is in a proper buzz tonight with guests enjoying the delicious and beautifully laid out buffet meals from Casa Toscana Lodge​.MC for the eve...
IMG 8931 sml
Sjoe, die deeg het behoorlik gespat by Die Blou Hond, met Susan Coetzer​ se briljante eenvrou-vertoning “Koek en Tert.” Sy speel die karakter van Koek...

Posted by on in Blou Hond
IMG 8286 sml
30/3 #soldout I entered yet another night of excitement and anticipation at the Blou Hond, as people waited to hear the talented Elvis Blue​. Startin...