Philip Moolman

This is some blog description about this site

Blackbyrd - NEVER A DULL MOMENT

Posted by on in Blou Hond
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 819
  • Subscribe to this entry
  • Print

BlackByrd​ by Die Blou Hond was onvergeetlik. Drie beeldskone dames saam op die verhoog wat die gehoor meesleur met die een treffer op die ander. Hulle keuse van eie komposissies versus bestaande, internasionale treffers was onverbeterlik en in die kol. Ek kyk op die gesigte van die gehoor en selfs die Blou Hond personeel: almal sit en staan vasgenael rond. Blackbyrd kry dit reg, om alle rasse, tale en ouderdomsgroepe in te trek en vasgenael te hou, van begin tot einde. Die woorde “never a dull moment” is gepas, om te probeer beskryf hoe hierdie drie musikante dit regkry om `n gehoor in die palm van hulle hand te kry en te hou. WELL DONE BLACKBYRD!

Die voorprogram kunstenaar Armand Joubert​ het die gehoor beindruk met sy besonders-begaafde vokale superioriteit. Hierdie kerel gaan nog ver kom. “Justin Bieber se Moses” – het ek een van die gehoorlede hoor se. `n Mens kan verstaan hoekom hy so ver gekom het op “The Voice.” Hy en Blackbyrd is groot bewonderaars van mekaar se musiek en het heerlik saam gekuier in die kleedkamer, met groot respek en waardering vir mekaar se loopbane en talent. Baie geluk aan Elizma Brink​ – Die Blou Hond se koordineerder - wat dit weer eens reggekry het, om die regte kunstenaars bymekaar te sit wat mekaar komplimenteer, om `n volronde belewenis aan die gehoor te gee.

Doen jouself `n guns en volg Armand Joubert en Blackbyrd by: http://blackbyrd.co.za/ en http://www.talent-etc.co.za/index.php/male-18-24/armand-joubert.
Dit is werklik formidabele kunstenaars om fyn dop te hou.

Toe die mense uitstroom aan die einde van die aand, het ek slegs stralende gesigte gesien. Mense was woordeloos-verstom oor die heerlike belewenis. Selfs Blackbyrd bewonderaars (wat hulle musiek goed ken; en al baie vertonings van hulle bygewoon het) was op `n splinternuwe manier beindruk. Soveel mense het teruggerapporteer, dat hierdie onvergeetlike belewenis nie net aan Blackbyrd te danke is nie, maar ook spessifiek aan die spesiale, intieme atmosfeer van die Blou Hond; wat die belewenis soveel meer intiem en persoonlik gemaak het. Drie hoera`s vir Die Blou Hond, in die pragtige Casa Toscana Lodge.

As jy (soos ek) nie kan wag vir die volgende Blou Hond belewenis nie; gaan loer gerus by www.casatoscana.co.za na al die wonderlike kunstenaars wat oppad is, tussen nou en Desember.

Viva Die Blou Hond – VIVA.
(Woef!)

Blog to follow: Philip Moolman
Preshow: Armand Joubert
Photos: Deon Van Wyk
Sound: Studio 386

Renault Bryanston

 

Photo link: http://bit.ly/BH17Blackbyrd0811

Black20170811 0234 sml

 

Black20170811 0181 sml

 

Black20170811 0142 sml

PHILIP MOOLMAN – residensiele kunstenaar, by Die Blou Hond Teater Restaurant - word deur sommige mense onthou, as Neil Macdonald van “Sonkring,” of Andre Vorster van “Egoli.” Ander assosieer hom, met die helikopter-waaghals, in die program "Skattejag," of met die twee romantiese hoofrolle, wat hy in die Afrikaanse rolprente: "Die Prins van Pretoria" en "Inside Out" gespeel het.

Sy loopbaan het afgeskop (voor Egoli en Sonkring se dae) met die wen van `n landswye sang-en liedjieskryfkompetisie in 1989 - die televisieprogram "GRAFITTI" se "Ster 90" kompetisie. (Dit was die "Pop Idol`s," van daai tyd.) Daarna het verskeie T.V.-produksies gevolg, soos Die Sonkring, EGOLI, Wenners, Die Netwerk, Torings, Die Fourth Reich, Rhythm City, Binnelanders, High Rollers, Sterlopers ens... asook musikale verhoogproduksies, soos: Ester, Liefling en Ons Vir Jou.

Maar Die Blou Hond het Philip Moolman die besigste gehou (die afgelope 10 jaar) waar hy meeste van die vertonings self hanteer het, met afwisseling, deur ander top kunstenaars, soos Prime Circle, Chris Chameleon, Arno Carstens, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Koos Kombuis, Coenie de Villiers… en ongeveer 50 ander bekende plaaslike kunstenaars, wat oor 10 jaar geroteer het. 

Intussen skryf en toonset hy `n magdom Afrikaanse en Engelse liedjies, wat uiteindelik nou die lig gaan sien, met meer tyd op hande, sedert Die Blou Hond-perseel in Johannesburg verkoop is; en die die hele wenresep - saam met die "Hoofhond" en sy hele databasis, van duisende kliente ( "reune, tewe en werpsels") nou oorgeskuif het, na die spoggerige Casa Toscana - in Pretoria - waar Philip nou nie meer die volle restaurant eienaarskap en bestuur hoef te hanteer nie, maar suiwer op die kreatiewe kant van sake kan fokus.

Die hande-vat (of liewer "poot-vat") van die "Blou Bul" en die "Blou Hond" beloof om groot opskudding in Pretoria; asook in die Afrikaanse musiek-kultuur landswyd te veroorsaak, aangesien kunstenaars reg oor die land (asook die publiek) honger is vir venues wat die toets van die tyd kan deurstaan, soos die geliefde Blou Hond wat vir meer as `n dekade lank uit sy nate bars; tesame met die stylvolle Casa Toscana, wat (in eie reg) lank reeds sterk gevestig is. 

Ja-nee, die "hond" het `n bakgat nuwe "hok" gevind; en Pretoria is die PERFEKTE nuwe leplek. Vroeer: `n informele, loslit, residensiele huisteater-restaurant. Nou: die spoggerige "Herehuis-kennels," van Casa Toscana.

Die Blou Hond was nog nooit `n S.P.C.A. / pavement special / steekbaard, of straatbrak gewees nie; maar NOU het hy onteenseglik, `n volbloed Pretoria PEDIGREE HOND geword - met al die inspuitings, inentings, ontvlooiings, ontwurmings en splinternuwe “liksens-pampiere”; waar Philip Moolman (asook dosyne ander TOP Suid Afrikaanse kunstenaars) nou EERS `n "hond uit `n bos" gaan sing!