Philip Moolman

This is some blog description about this site

Blink ster, nederige hart... Andriëtte

Posted by on in Blou Hond
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 870
  • Subscribe to this entry
  • Print

Blou Hond stigter en meester van seremonies, die merkwaardige Philip Moolman Page​ betree die verhoog en verwelkom die gehoor. Met sy aansteeklike humorsin en wonderlike sang talent bring hy hulde aan van ons land se voorstaande sangers, onder andere Sias Reyneke. Hy herinner die gehoor aan die legendariese liedere “Sproetjies” en “Klein Karoo” van Sias voor hy die voorvertoning, Henrico Coetzer , aankondig.
Henrico is ‘n gereelde kunstenaar op die Blou Hond verhoog en met baie goeie rede. Hy bekoor die gehoor met sy eie lied “Soos Reën”, geskryf deur Joshua Na Die Reën, gevolg deur “House Of The Rising Sun” wat hy lewer in egte Henrico styl, “The Story” & ‘n hoendervleis weergawe van “Sound of Silence”. Sy vertoning bestaan uit perfekte note wat met net die regte hoeveelheid emosie en passie oorgedra word. Hy is waarlik ‘n talent wat kan vergelyk word met sangsterre soos Josh Groban & Michael Buble en as jy ooit die kans kry om hom op die verhoog te sien – moet dit nie misloop nie @henrico coetzer is ‘n kunstenaar wat tuishoort op die verhoog en ‘n aanwins is vir enige event.
Na die lip-lek-lekker nageregte van Casa Toscana is dit tyd vir niemand anders as Andriëtte!
Andriëtte verskyn op die verhoog en saam met haar op kitaar is Wynand Delport​ (van die sang duo Anders​). Sy begin haar vertoning met een van haar gunsteling kunstenaars en een van die eerste liede wat sy geluister het toe “tapes” oorgegaan het na CD’s toe, Laurika Rauch se “Mense Op Die Bus” gevolg deur “Bittersoet van Liefde” waarmee sy die gehoor aan die dans kry, ‘n traan-mooi weergawe van “Mag Hy”, Lesley Rae Dowling se “The Spaniard”, “Perel Vir ‘n Kroon” ¬wat sy opdra aan haar ouma wat haar altyd herinner daaraan dat jy nie die lewe te ernstig moet opneem nie, “Vat My Hoër”, “Sewe Oseane” wat beslis ‘n groot gehoor gunsteling is, “Somebody To Love” van Queen waarmee sy die gehoor se stembande bietjie laat loskom, ‘n SA-Medley gevul met liede soos: “Special Star”, “Jabulani” & “Dance Sum More” wat behoorlik die gehoor se voete laat jeuk. Sy sing voort met “Dinge”, haar immergroen bekende weergawe van “Flower of Scotland” en “My Kind”. Andriette sluit haar meesterlike en baie genotvolle vertoning af met een van haar eerste liede wat sy bekend gestel het, geskryf deur Steve Hofmeyr​: “Napoleon”.

Andriëtte het ‘n spontane baie toeganglike persoonlikheid waarmee sy haar gehoor bekoor en vasvang tydens haar vertoning. Die verhoog is voorwaar haar tweede tuiste en sy weet presies hoe om met haar gehoor te werk. Sy beskik oor ‘n unieke stem en dis duidelik dat sy al die sangtegnieke die afgelope 10 jaar wat sy in bedryf is, goed bemeester het. Daarbenewens straal sy ‘n liefde vir die lewe uit en deur die hele vertoning skemer haar plat op die aarde houding en nederige hart deur. Ja, dis sowaar all 10 jaar vandat SA die blonde ligstraal op die musiekfront leer ken het deur middel van “Idols SA” en tot vandag toe bring sy treffer na treffer uit en wen steeds die harte van almal waar sy gaan. Die feit dat sy ‘n goeie sin vir humor het en haarself nie te ernstig opneem nie maak haar vertoning net nog meer soet. Andriette is ‘n blink ster en voorwaar ‘n kunstenaar waarop ons land trots kan wees.

Sy verdien beslis ‘n hele paar klipharde Blou Hond “blawwe en tjanke”
Het julle geweet - Blou Hond bied nou ook ‘n “baby sitting service” aan – so daar is nou geen verskoning meer om weg te bly nie!

Loer gerus op die webwerf www.blouhond.co.za vir meer besonderhede en vir alle opkomende vertonings.

Blog: Vasti Lourens​
Preshow: Henrico Coetzer​
Photos: Deon Van Wyk​
Sound: Tiaan Newman​

 

Photo link: 

http://bit.ly/BH17Andriette0803

20637799 807991589361088 7421390950375846234 n

 

20664453 807990332694547 6293176268593906477 n

 

 

 

20728268 807989822694598 2721300693844423572 n

PHILIP MOOLMAN – residensiele kunstenaar, by Die Blou Hond Teater Restaurant - word deur sommige mense onthou, as Neil Macdonald van “Sonkring,” of Andre Vorster van “Egoli.” Ander assosieer hom, met die helikopter-waaghals, in die program "Skattejag," of met die twee romantiese hoofrolle, wat hy in die Afrikaanse rolprente: "Die Prins van Pretoria" en "Inside Out" gespeel het.

Sy loopbaan het afgeskop (voor Egoli en Sonkring se dae) met die wen van `n landswye sang-en liedjieskryfkompetisie in 1989 - die televisieprogram "GRAFITTI" se "Ster 90" kompetisie. (Dit was die "Pop Idol`s," van daai tyd.) Daarna het verskeie T.V.-produksies gevolg, soos Die Sonkring, EGOLI, Wenners, Die Netwerk, Torings, Die Fourth Reich, Rhythm City, Binnelanders, High Rollers, Sterlopers ens... asook musikale verhoogproduksies, soos: Ester, Liefling en Ons Vir Jou.

Maar Die Blou Hond het Philip Moolman die besigste gehou (die afgelope 10 jaar) waar hy meeste van die vertonings self hanteer het, met afwisseling, deur ander top kunstenaars, soos Prime Circle, Chris Chameleon, Arno Carstens, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Koos Kombuis, Coenie de Villiers… en ongeveer 50 ander bekende plaaslike kunstenaars, wat oor 10 jaar geroteer het. 

Intussen skryf en toonset hy `n magdom Afrikaanse en Engelse liedjies, wat uiteindelik nou die lig gaan sien, met meer tyd op hande, sedert Die Blou Hond-perseel in Johannesburg verkoop is; en die die hele wenresep - saam met die "Hoofhond" en sy hele databasis, van duisende kliente ( "reune, tewe en werpsels") nou oorgeskuif het, na die spoggerige Casa Toscana - in Pretoria - waar Philip nou nie meer die volle restaurant eienaarskap en bestuur hoef te hanteer nie, maar suiwer op die kreatiewe kant van sake kan fokus.

Die hande-vat (of liewer "poot-vat") van die "Blou Bul" en die "Blou Hond" beloof om groot opskudding in Pretoria; asook in die Afrikaanse musiek-kultuur landswyd te veroorsaak, aangesien kunstenaars reg oor die land (asook die publiek) honger is vir venues wat die toets van die tyd kan deurstaan, soos die geliefde Blou Hond wat vir meer as `n dekade lank uit sy nate bars; tesame met die stylvolle Casa Toscana, wat (in eie reg) lank reeds sterk gevestig is. 

Ja-nee, die "hond" het `n bakgat nuwe "hok" gevind; en Pretoria is die PERFEKTE nuwe leplek. Vroeer: `n informele, loslit, residensiele huisteater-restaurant. Nou: die spoggerige "Herehuis-kennels," van Casa Toscana.

Die Blou Hond was nog nooit `n S.P.C.A. / pavement special / steekbaard, of straatbrak gewees nie; maar NOU het hy onteenseglik, `n volbloed Pretoria PEDIGREE HOND geword - met al die inspuitings, inentings, ontvlooiings, ontwurmings en splinternuwe “liksens-pampiere”; waar Philip Moolman (asook dosyne ander TOP Suid Afrikaanse kunstenaars) nou EERS `n "hond uit `n bos" gaan sing!