Philip Moolman

This is some blog description about this site

Blou Hond Blog - Philip Moolman KAPPERJOLLE (20 Mei)

Posted by on in Blou Hond
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 2829
  • Subscribe to this entry
  • Print

Blou Hond Blog - Philip Moolman KAPPERJOLLE (20 Mei 2014)

 

Hallo, dis Philip hierso. Hoop jy het `n “stertswaai”-dag gehad.

Moerse koud vanaand, maar ek hoop jou pels blink en jou neus is nat.

 

Vinnige nuus, oor:

(1) Blou Hond  - “TUIS” 

(2) Blou Hond -  “OPPAD” en

(3) Blou Hond  -  “MEDITASIES.”

-------------------------------

  1. Blou Hond – TUIS
  2. -------------------------------
  3. Al Prodgers ( van die komedie-aand, verlede Vrydag 16 Mei) was saam met my op U.C.T. dramaskool, in 1986 en 1987 (ons was toe eerste- en tweede jaar.) Amazing om hom weer  te sien 27 jaar later!
  4. Grappig, nugter, stout, professioneel, verantwoordelik, intelligent… amazing guy!

    (Julle moet asseblief die stand up comedy show volgende keer kom kyk. Dis `n wonderlike belewenis.) Hulle noem dit: “Stand-Up Improv”- comedy.

     

  5. Die gehoor (ek en jy) se vir die komediante wat hulle moet doen; en hulle dink dit NET DAAR uit - vir die eerste keer. Elke show wat hulle doen, het nog nooit voorheen gebeur nie; en sal ook nooit weer nie  – ELKE aand is uniek.

    Probeer gerus, om Al Prodgers & vriende volgende keer by te woon. 

  6. Nou sien ek uit na:

  7. Bobby van Jaarsveld (hierdie Donderdagaand – 22 Mei.)
  8. Corlea – 24 Mei (hierdie Sa.-oggend 9h00, vir `n lekker damesoggend-fees!)
  9. Heinz Winkler -  24 Mei (hierdie Saterdagaand 18h00)
    1. Hoop om jou daar te sien.
    2. ---------------------------
  10. 2. Blou Hond – OPPAD
    1. ---------------------------
    2. Ek gaan hierdie naweek weer paraglide. (Hopenlik weer die hoogste lustrome vang, saam met die arende – soos laas.) Sal laat weet, wanneer die ander avonture inskop, soos kanoo, abseiling, caving, river rafting, ens…

    3. Ons gaan alles afneem, vir `n “pilot / loodsprogram” wat aan M-Net en SABC voorgele gaan word, later vanjaar.

    4. Dan gaan ons met al die Blou Hond kunstenaars onderhoude voer (hier op die perseel ) voor elke konsert;

    5. asook al my eie “buite-kapperjolle” ook met die mense deel .

      Sien uit.

      Ek hou jou op hoogte.

      ---------------------------

      1. 3. Blou Hond – MEDITASIES
      2. ---------------------------
      1. Ek lees vanoggend:

               

  • “IF YOU COULD GO ANYWHWERE

AND DO ANYTHING;

WHERE WOULD YOU GO

AND WHAT WOULD YOU DO?”

 

“MOVE CONFIDANTLY, IN THE DIRECTION OF YOUR DREAMS.”

  • “STEP FULLY AND COMPLETELY INTO YOUR TRUTH,

LIVE YOUR PURPOSE;

DO WHAT LIHTS YOU UP!”

---------------------------

Lekker aand vir jou.

Woef!

God Is Good

(G.I.G.)

Philip

PHILIP MOOLMAN – residensiele kunstenaar, by Die Blou Hond Teater Restaurant - word deur sommige mense onthou, as Neil Macdonald van “Sonkring,” of Andre Vorster van “Egoli.” Ander assosieer hom, met die helikopter-waaghals, in die program "Skattejag," of met die twee romantiese hoofrolle, wat hy in die Afrikaanse rolprente: "Die Prins van Pretoria" en "Inside Out" gespeel het.

Sy loopbaan het afgeskop (voor Egoli en Sonkring se dae) met die wen van `n landswye sang-en liedjieskryfkompetisie in 1989 - die televisieprogram "GRAFITTI" se "Ster 90" kompetisie. (Dit was die "Pop Idol`s," van daai tyd.) Daarna het verskeie T.V.-produksies gevolg, soos Die Sonkring, EGOLI, Wenners, Die Netwerk, Torings, Die Fourth Reich, Rhythm City, Binnelanders, High Rollers, Sterlopers ens... asook musikale verhoogproduksies, soos: Ester, Liefling en Ons Vir Jou.

Maar Die Blou Hond het Philip Moolman die besigste gehou (die afgelope 10 jaar) waar hy meeste van die vertonings self hanteer het, met afwisseling, deur ander top kunstenaars, soos Prime Circle, Chris Chameleon, Arno Carstens, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Koos Kombuis, Coenie de Villiers… en ongeveer 50 ander bekende plaaslike kunstenaars, wat oor 10 jaar geroteer het. 

Intussen skryf en toonset hy `n magdom Afrikaanse en Engelse liedjies, wat uiteindelik nou die lig gaan sien, met meer tyd op hande, sedert Die Blou Hond-perseel in Johannesburg verkoop is; en die die hele wenresep - saam met die "Hoofhond" en sy hele databasis, van duisende kliente ( "reune, tewe en werpsels") nou oorgeskuif het, na die spoggerige Casa Toscana - in Pretoria - waar Philip nou nie meer die volle restaurant eienaarskap en bestuur hoef te hanteer nie, maar suiwer op die kreatiewe kant van sake kan fokus.

Die hande-vat (of liewer "poot-vat") van die "Blou Bul" en die "Blou Hond" beloof om groot opskudding in Pretoria; asook in die Afrikaanse musiek-kultuur landswyd te veroorsaak, aangesien kunstenaars reg oor die land (asook die publiek) honger is vir venues wat die toets van die tyd kan deurstaan, soos die geliefde Blou Hond wat vir meer as `n dekade lank uit sy nate bars; tesame met die stylvolle Casa Toscana, wat (in eie reg) lank reeds sterk gevestig is. 

Ja-nee, die "hond" het `n bakgat nuwe "hok" gevind; en Pretoria is die PERFEKTE nuwe leplek. Vroeer: `n informele, loslit, residensiele huisteater-restaurant. Nou: die spoggerige "Herehuis-kennels," van Casa Toscana.

Die Blou Hond was nog nooit `n S.P.C.A. / pavement special / steekbaard, of straatbrak gewees nie; maar NOU het hy onteenseglik, `n volbloed Pretoria PEDIGREE HOND geword - met al die inspuitings, inentings, ontvlooiings, ontwurmings en splinternuwe “liksens-pampiere”; waar Philip Moolman (asook dosyne ander TOP Suid Afrikaanse kunstenaars) nou EERS `n "hond uit `n bos" gaan sing!