Philip Moolman

This is some blog description about this site

Eindelose Troebadoer... Valiant Swart

Posted by on in Blou Hond
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 735
  • Subscribe to this entry
  • Print

Met die reuk van popcorn en Casa Toscana se smaaklike buffet in die lug, kan jy die opgewondenheid aanvoel in die gehoor vir die legendariese Valiant Swart​ se vertoning.
Eerste op die verhoog is Philip Moolman​, wat op sy eie unieke manier die gehoor vermaak en hulle opwarm vir die voorvertoning, Hoot 'n Anny​
“Hoot and Anny” betree die verhoog en met die instrap slag en “1930” geinspireerende klank het hulle die gehoor op die punte van hul stoele, gevolg deur hulle eie komposisies vanaf hul album “Countrees”- “Heaven”, “Silvertown” & “Roosta”. Die groep se klank is waarlik uniek en ‘n mengsel tussen Folk, American Country en Jazz. Dit vat jou gedagtes terug na die mid 1930’s waar die troepe huistoe kom en saam met hulle nooientjies heerlik die aand om dans. Die “chemistry” wat hulle op die verhoog het maak die vertoning net soveel meer aangenaam. Hoot and Anny is waarlik ‘n merkwaardige groep wat en hul album is ‘n aanwins vir enige CD versameling.

Valiant Swart verskyn op die verhoog - vir die eerste keer sedert die Blou Hond sy verhoog van Johannesburg geskuif het na Casa Toscana toe. Met wynglas gevul, warm hy die vokale en vinger spiere deur ‘n bietjie “blues” op sy kitaar te tokkel. Hy sing voort met “Die Skoene Wat Jy Dra”, “Sonvanger” – wat hy opdra aan almal wat iemand in die hemel het, “Die Wyn Tannies”, “Dubbel & Dwars (vanaf sy nuutste album Nagrit), “Eyeshadow”, “Jakarandastrate” – Uit die TV reeks “Song vir Katryn”, “Vloek Van Die Kitaar”, Bitterwind (beskikbaar op Nagrit album), “Pamela Se Ouma”, “Katriena Lawina” & sluit af met “Sweet Stellenganga”, maar sy gehoor soek meer en hy eindig af met “Mystic Boer”.

Valiant is ‘n ware Afrikaanse troebadoer en ‘n woordkunstenaar, wat met musiek en lirieke ‘n mens meevoer en terselfdertyd tot stilstand bring. Met elke verhaal wat sy musiek vertel kan jy letterlik sien hoe die gehoor aan elke frase hang en nie kan wag vir wat volgende kom nie. Sy musiek is waarlik ‘n eg Valiant Swart styl wat net hy kan lewer. Dit laat jou verlang na tye wanneer waar jy rustig op die stoep vertoef met ‘n wel verdiende glas rooiwyn in die hand en vergeet van die lewe se gewoel terwyl jy rustig tuur oor die vlaktes. Valiant is ‘n inspirerende kunstenaar waarop SA met reg trots kan wees.
Valiant las nog ‘n titel aan sy naam, naamlik: brandewyn maker. Hy het sopas sy eerste reeks brandewyn bekend gestel , “Mystic Boer”. Kyk gerus uit daarvoor.

Valiant Swart verdien voorwaar ‘n klip harde Blou Hond blaf & tjank.

Loer gerus na ons webwerf www.blouhond.co.za vir meer inligting oor opkomende geleenthede.

Blog to follow: Vasti Lourens
Photos: Deon Van Wyk
Sound: Studio 386
Preshow: Hoot 'n Anny Franco Jamneck

PHILIP MOOLMAN – residensiele kunstenaar, by Die Blou Hond Teater Restaurant - word deur sommige mense onthou, as Neil Macdonald van “Sonkring,” of Andre Vorster van “Egoli.” Ander assosieer hom, met die helikopter-waaghals, in die program "Skattejag," of met die twee romantiese hoofrolle, wat hy in die Afrikaanse rolprente: "Die Prins van Pretoria" en "Inside Out" gespeel het.

Sy loopbaan het afgeskop (voor Egoli en Sonkring se dae) met die wen van `n landswye sang-en liedjieskryfkompetisie in 1989 - die televisieprogram "GRAFITTI" se "Ster 90" kompetisie. (Dit was die "Pop Idol`s," van daai tyd.) Daarna het verskeie T.V.-produksies gevolg, soos Die Sonkring, EGOLI, Wenners, Die Netwerk, Torings, Die Fourth Reich, Rhythm City, Binnelanders, High Rollers, Sterlopers ens... asook musikale verhoogproduksies, soos: Ester, Liefling en Ons Vir Jou.

Maar Die Blou Hond het Philip Moolman die besigste gehou (die afgelope 10 jaar) waar hy meeste van die vertonings self hanteer het, met afwisseling, deur ander top kunstenaars, soos Prime Circle, Chris Chameleon, Arno Carstens, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Koos Kombuis, Coenie de Villiers… en ongeveer 50 ander bekende plaaslike kunstenaars, wat oor 10 jaar geroteer het. 

Intussen skryf en toonset hy `n magdom Afrikaanse en Engelse liedjies, wat uiteindelik nou die lig gaan sien, met meer tyd op hande, sedert Die Blou Hond-perseel in Johannesburg verkoop is; en die die hele wenresep - saam met die "Hoofhond" en sy hele databasis, van duisende kliente ( "reune, tewe en werpsels") nou oorgeskuif het, na die spoggerige Casa Toscana - in Pretoria - waar Philip nou nie meer die volle restaurant eienaarskap en bestuur hoef te hanteer nie, maar suiwer op die kreatiewe kant van sake kan fokus.

Die hande-vat (of liewer "poot-vat") van die "Blou Bul" en die "Blou Hond" beloof om groot opskudding in Pretoria; asook in die Afrikaanse musiek-kultuur landswyd te veroorsaak, aangesien kunstenaars reg oor die land (asook die publiek) honger is vir venues wat die toets van die tyd kan deurstaan, soos die geliefde Blou Hond wat vir meer as `n dekade lank uit sy nate bars; tesame met die stylvolle Casa Toscana, wat (in eie reg) lank reeds sterk gevestig is. 

Ja-nee, die "hond" het `n bakgat nuwe "hok" gevind; en Pretoria is die PERFEKTE nuwe leplek. Vroeer: `n informele, loslit, residensiele huisteater-restaurant. Nou: die spoggerige "Herehuis-kennels," van Casa Toscana.

Die Blou Hond was nog nooit `n S.P.C.A. / pavement special / steekbaard, of straatbrak gewees nie; maar NOU het hy onteenseglik, `n volbloed Pretoria PEDIGREE HOND geword - met al die inspuitings, inentings, ontvlooiings, ontwurmings en splinternuwe “liksens-pampiere”; waar Philip Moolman (asook dosyne ander TOP Suid Afrikaanse kunstenaars) nou EERS `n "hond uit `n bos" gaan sing!