Philip Moolman

This is some blog description about this site

Lekker man, LEKKERRRRR…Pieter Smith

Posted by on in Blou Hond
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 709
  • Subscribe to this entry
  • Print

As jy eendag `n groot verjaardagpartytjie wil hou en jy het begroting om `n kunstenaar van formaat te kan bekostig, onthou die naam Pieter Smith​ – jy sal nie verkeerd gaan nie. (Beter opsie: kom geniet jou verjaardag sommer net hier, by die Blou Hond teater restaurant, by Casa Toscana – dit bly die heel lekkerste opsie, met die minste moeite.) Behalwe vir die uitstekende kos en die heerlikste partytjie-atmosfeer (soos slegs Casa Toscana Lodge kan bied) het Pieter Smith die mense op hulle voete gehad, op Woensdagaand 26 Julie, met stem en kitaar-gimnastiek, uit die boonste rakke.

As jy wil weet waaroor Pieter Smith gaan, dink aan die woorde “`n goed-voel belewenis, met lekker-luister en lekker saamsing-liedjies.” As ek net EEN word moet kies, dan sal dit die word “lekkerrrr” wees. Pieter Smith weet hoe om mense te “entertain.” Sy keuse van liedjies – bekende treffers uit die ou dae, gemeng met hedendaagse, saamsing treffers – is wat dit vir almal so “lekkerrrr” maak. Afgesien van bogenoemde, het hy verskeie, wonderbaarlike romantiese ballades geskryf – oor baie jare – wat hy hier en daar (omsigtig) met ons gedeel het. As mense dink Pieter Smith is slegs `n “partytjie-sanger” dan maak hulle `n groot fout. Ons het hier te doen, met `n gesoute musikant, wat nie graag sy “perels voor die varke gooi” nie, maar wat hier en daar laat deurskemer, dat hy `n “diep seun” is; wat trots kan staan langs enige “woord-kunstenaar” wat diep, hartsliedjies kan skryf – en sommer baie daarvan ook.

Die voorprogram kunstenaar HunTer SA 2​ is oppad Amerika toe, vir verskeie optredes daar. Sy was `n goeie keuse, om die gehoor warm te maak, vir Pieter Smith se optrede, na die heerlike buffet-ete. As jy graag jou horisonne wil verbreed, gaan Google gerus vir Pieter Smith (en vir Hunter ook) en gaan ontdek wat hierdie twee kunstenaars het, om te bied.

My laaste woorde aan jou – Pieter Smith – is dit: “Lekker man, Lekkerrrrrr.”

Baie dankie Pieter vir `n wonderlike belewenis.

Ons love jou.
Hoop, om jou gou weer te sien.
Mooiste wense, van almal van ons hier, by Die Blou Hond.
(Woef.)
Philip Moolman​

Photos: Deon Van Wyk​
Sound: Studio 386​ + Pieter Smith crew
NvR Management​

PHILIP MOOLMAN – residensiele kunstenaar, by Die Blou Hond Teater Restaurant - word deur sommige mense onthou, as Neil Macdonald van “Sonkring,” of Andre Vorster van “Egoli.” Ander assosieer hom, met die helikopter-waaghals, in die program "Skattejag," of met die twee romantiese hoofrolle, wat hy in die Afrikaanse rolprente: "Die Prins van Pretoria" en "Inside Out" gespeel het.

Sy loopbaan het afgeskop (voor Egoli en Sonkring se dae) met die wen van `n landswye sang-en liedjieskryfkompetisie in 1989 - die televisieprogram "GRAFITTI" se "Ster 90" kompetisie. (Dit was die "Pop Idol`s," van daai tyd.) Daarna het verskeie T.V.-produksies gevolg, soos Die Sonkring, EGOLI, Wenners, Die Netwerk, Torings, Die Fourth Reich, Rhythm City, Binnelanders, High Rollers, Sterlopers ens... asook musikale verhoogproduksies, soos: Ester, Liefling en Ons Vir Jou.

Maar Die Blou Hond het Philip Moolman die besigste gehou (die afgelope 10 jaar) waar hy meeste van die vertonings self hanteer het, met afwisseling, deur ander top kunstenaars, soos Prime Circle, Chris Chameleon, Arno Carstens, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Koos Kombuis, Coenie de Villiers… en ongeveer 50 ander bekende plaaslike kunstenaars, wat oor 10 jaar geroteer het. 

Intussen skryf en toonset hy `n magdom Afrikaanse en Engelse liedjies, wat uiteindelik nou die lig gaan sien, met meer tyd op hande, sedert Die Blou Hond-perseel in Johannesburg verkoop is; en die die hele wenresep - saam met die "Hoofhond" en sy hele databasis, van duisende kliente ( "reune, tewe en werpsels") nou oorgeskuif het, na die spoggerige Casa Toscana - in Pretoria - waar Philip nou nie meer die volle restaurant eienaarskap en bestuur hoef te hanteer nie, maar suiwer op die kreatiewe kant van sake kan fokus.

Die hande-vat (of liewer "poot-vat") van die "Blou Bul" en die "Blou Hond" beloof om groot opskudding in Pretoria; asook in die Afrikaanse musiek-kultuur landswyd te veroorsaak, aangesien kunstenaars reg oor die land (asook die publiek) honger is vir venues wat die toets van die tyd kan deurstaan, soos die geliefde Blou Hond wat vir meer as `n dekade lank uit sy nate bars; tesame met die stylvolle Casa Toscana, wat (in eie reg) lank reeds sterk gevestig is. 

Ja-nee, die "hond" het `n bakgat nuwe "hok" gevind; en Pretoria is die PERFEKTE nuwe leplek. Vroeer: `n informele, loslit, residensiele huisteater-restaurant. Nou: die spoggerige "Herehuis-kennels," van Casa Toscana.

Die Blou Hond was nog nooit `n S.P.C.A. / pavement special / steekbaard, of straatbrak gewees nie; maar NOU het hy onteenseglik, `n volbloed Pretoria PEDIGREE HOND geword - met al die inspuitings, inentings, ontvlooiings, ontwurmings en splinternuwe “liksens-pampiere”; waar Philip Moolman (asook dosyne ander TOP Suid Afrikaanse kunstenaars) nou EERS `n "hond uit `n bos" gaan sing!