Blog

This is some blog description about this site

Nuwe asem in Legendariese Musiek – Steve Hofmeyr

Posted by on in Blou Hond
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 375
  • Subscribe to this entry
  • Print

 

Blou Hond is behoorlik in rep en roer met Steve Hofmeyr wat die verhoog kom besoek en die gehoor kom betower met sy nuuste album “The Country collection”.

Die reuk van Blou Hond se lip-lek-lekker buffet ete hang swaar in die lug terwyl die gehoor staaltjies deel van hul week sover, verjaarsdae en-herdenkings vier.

Eerste op die verhoog is Philip Moolman. Hy heet die gehoor welkom en skop die musiek af met weergawes van nostalgiese treffers uit sy en Steve se draadloos luister dae. Sy aansteeklike sin vir humor warm so ook die gehoor se lagspiere behoorlik op voodat hy die man van die uur, Steve Hofmeyr aankondig.

Die glasies word gevul en die bene gestrek voor al die “reuntjies en tefies” terug beweeg in die erf vir die hoof vertoning.

Steve betree die verhoog en jy kan onmiddellik die liefde wat sy gehoor het vir hom aanvoel. Hy streel die gehoor se ore met liedere vanaf die nuwe album soos “Lucille” & “The Ballet Of The Green Berets”, wat ware nostalgie in die gehoor aanwakker. So ook herinner hy almal aan van sy vorige musiek vanaf die begin van sy loopbaan tot en met verlede jaar se onvergeetlike Afrikaanse album “Skree” . Hy vul die aand met musiek wat jou lei van hoendervleis oomblike tot hartroerende gevoelens met ‘n tikkie humor soos net Steve kan. Hy “connect” nog net so sterk met sy gehoor soos 30jaar gelede toe hy die bedryf betree het.Sy vertoning neem jou op ‘n musikale reistog deur van die mees gewilde “country “ liede in ware Steve styl terwyl hy nuwe lewe blaas in alreeds vergete musiek.

Sy vertoning is voorwaar onvergeetlik en sy passie vir musiek straal met elke noot uit.

Philip Moolman & Steve Hofmeyr is waarlik kunstenaars waarop ons land trots kan wees en verdien ‘n klipharde Blou Hond blaf en tjank.

***

You can feel the expectation in the audience at the Blou Hond Restaurant Theatre tonight while guests are waiting for the start of Steve Hofmeyr’s new show promoting his latest album “The Country Collection”. First on stage is the MC & preshow artist Philip Moolman, welcoming the guests and performing songs that he and Steve listened to on the radio as young lads before announcing the man of the hour. Steve takes to the stage and you can immediately feel the love that the crowd has for this artist. With the first note he has them in the palm of his hand - Singing songs from the new album such as “Lucille” & “Amanda” in duet with Demi Lee Moore. He takes the crowd on a nostalgic musical tour through the years of his career up until his latest Afrikaans album “Skree”. His country album truly breathes new life into some of the most legendary country songs, reminding us of these amazing artists that paved the way for our up and coming ones. Philip and Steve truly deserves a big and loud Blou Hond bark and howl.

 

Blog: Vasti Lourens

Photos: Deon van Wyk

View more on: https://www.facebook.com/pg/blouhondwoof/photos/?tab=album&album_id=1200155136811396

https://www.facebook.com/pg/blouhondwoof/photos/?tab=album&album_id=1200171166809793

 

6I7A8133 600 x 400

 

6I7A7990 600 x 400