Blog

This is some blog description about this site

“Opskop met als van wals & polka tot kwela” - Radio Kalahari Orkes

Posted by on in Blou Hond
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 148
  • Subscribe to this entry
  • Print

Die altyd joviale Philip Moolman verwelkom almal & doen ‘n pragtige Elvis Presley tribute wat insluit:
‘Blue Suede Shoes’, ‘Hound Dog’ & ‘I can’t help falling in love with you’.
Luan Reiter (deel van die ‘LeSi Singing Waiter Experience’) deel op akoestiese kitaar, van sy eie komposisies met ‘n baie waarderende gehoor: “Lyftaal”, “Glo” (met mondfluitjie & kitaar), “Oor & oor” & “Draai haar in die rondte”.
Dan is Radio Kalahari Orkes aan die woord & open hul program met die heerlike wals “Melanie”. Die res van die aand voel soos een groot opskop êrens in ‘n plaasopstal. Die groep bestaan uit die veteraan akteur & musikant, Ian Roberts (main vocals, akoestiese kitaar, mondfluitjie & rietjiesfluit), Barry Steenkamp (baskitaar), Friso Woudstra (viool), Wynand Davel (elektriese kitaar), Ruben Samuels (dromme) & die petite-met- maxi- talent Alicia Oelofsen (trekklavier, blokfluit & backing vocals).

 

Die klomp het duidelik groot pret op die verhoog & voer die gehoor saam met hulle op ‘n reis vol stories oor mense & dinge met onder andere: “Doringboom”, “Hoenner”, “Kamaste”, “Blink Ster”, “Jezebel”, “Kilimanjaro” & “Vuvuzela” (met ‘n stukkie “Vat jou goed & trek Ferreira” bygewerk).
Hulle bring ook hulde aan musikant David de Lange (gebore in 1905) deur verwerkings van sy musiek te sing, wat inlsuit: “Boomstraat”, “Willie” (in vastrap styl), “Doppie”, “Skeeloog”, & (Waar is) “Bettie”.
Barry Steenkamp (baskitaarspeler) sing die pragtige “Jolie Marie”, gevolg deur Alicia met Rian Malan se “Farieda”.
In hul eie woorde: “Our music is based on traditional roots & folk with flavours of Ghoema, Kwela, Afrikana, Celtic and other World genres and the lyrics portray crazy stories of current life in South Africa”. Hul nuutste CD heet “Mamba” & volgens Ian weet niemand regtig waarom nie!
Dis voorwaar ‘n heerlike belewenis om hierdie energieke groep in aksie te sien. En wat sal ‘n RKO ‘show’ dan nou wees sonder “Staan by my” & “Kaptein”.
Volg gerus Die Blou Hond op al die sosiale platforms om op hoogte te bly van opkomende vertonings.


“Our music is based on traditional roots and folk with flavours of Ghoema, Kwela, Afrikana, Celtic and
other World genres and the lyrics portray crazy stories of current life in S.A.”

 

8 Maart 2019 Die Blou Hond

 

Blog Marné de Kock

Photos Ezetna Olivier

https://www.facebook.com/pg/blouhondwoof/photos/?tab=album&album_id=1206307299529513

IMG 5191 600 x 400

 

IMG 5090 400 x 600