Philip Moolman

This is some blog description about this site

Prime Circle #LetTheNightIn

Posted by on in Blou Hond
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 955
  • Subscribe to this entry
  • Print

Baie mense ken die Prime Circle​ liedjies soos die palm van hul hand – net omdat hulle dit al baie op die radio gehoor het – maar hulle ken nie noodwendig die ouens se gesigte nie. Wel, na vanaand by Die Blou Hond is daardie oorbrugging suksesvol gedoen: die name, gesigte en die liedjies van Prime Circle het uiteindelik almal bymekaar uitgekom, vir soveel mense wat vir die eerste keer `n vertoning van hulle bygewoon het.

Ek moet se, daar was `n spesiale energie van groot afwagting in die lug, op Donderdagaand 17 Aug. 2017 – seker omdat ongeveer 30% van die gaste nog nooit voorheen by Die Blou Hond (of by `n Prime Circle vertoning) was nie. Daarbenewens was daar `n hele paar verjaardae en huweliksherdenkings wat gevier moes word. Die Blou Hond en Prime Circle was die beste keuse, om die groot-oog verwagtings van verskeie individue en groepe te bevredig.

Die voorprogram kunstenaars beindruk dikwels net soveel soos die hoofkunstenaars. Weer eens geluk aan Elizma Brink (Die Blou Hond se koordineerder) wat verantwoordelik is vir die bespreek van al die kunstenaars by Die Blou Hond. Dikwels is dit sinvol om sangers wat min of meer in dieselfde genre is by mekaar te sit. Ander kere is dit juis die kontras van voorprogram sangers en genres wat die vonk in die vertoning inbring. Die keuse van Janie Bay​ in die Prime Circle voorprogram was weer eens `n wenner, ten einde `n lekker, volronde belewenis vir die mense te bring. Tydens pouse het soveel mense my gevra oor die orkes en die verskeie orkeslede se name en vanne, ens. (Ek het besluit om so `n bietjie informasie oor die kerels vir julle te Google en in te sluit, in hierdie blog. Loer gerus hieronder en wees gerus beindruk.)

OK, let`s start with their names. Prime Circle are: Ross Learmonth (vocals and guitar); Marco Gomes (bass); Dale Schnettler (drums); Neil Breytenbach (keyboard) and Dirk Bisschoff (guitar). Since they first burst out of Witbank some 11 years ago, Prime Circle’s career has been an inspiration that has spawned hundreds of garage bands across South Africa. Their 2003 debut, “Hello Crazy World”, rocketed to gold status in South Africa, with “Live This Life” (their 2005 follow-up following suit). Singles such as “Hello”, “Live This Life” and “My Inspiration” earned heavy rotation on South African radio.
2008 saw Prime Circle release “All or Nothing” which raked in the first two Prime Circle South African Music Award nominations of their career, for Record of the Year and Best Rock Album (English). To date, the first single “She Always Gets What She Wants” has received over 789 000 YouTube hits – the most-viewed South African rock song ever.
“Jekyll & Hyde”, unleashed in 2010, was mixed in Los Angeles by Kevin Shirley. New York-based Sterling Sound mastering engineer George Marino laid the final touches. The first two singles from the album “Breathing” and “Turning in My Sleep” were each nominated for the SAMA for MTN Record of the Year in 2011.
In March 2011, Prime Circle won the Best International Breakthrough Act at the MK Awards. The band released their fifth studio album, “Evidence” in September 2012. The first single “Time Kills Us All”, debuted on regional and national radio in South Africa to widespread acclaim. The 13-track album features the masterful recording wizardry of Theo Crous. In May 2014, Prime Circle released their 6th album, ‘Let The Night In’ before embarking on one of their biggest European and South African tours. Says Ross Learmonth, “Without the fans, we would be nothing. And I don’t ever want to do anything else. Creating music for a living is a privilege, and we never forget that.”

Dankie Prime Circle vir `n besonderse belewenis.

Dankie elkeen van julle wat julle spesiale feeste na ons toe gebring het.
Die Blou Hond blaf en tjank vir almal van julle.
Please come again soon – Prime Circle – we love ya!
(Whoooooow-Whaf-Whaff!)

Philip Moolman​

Sound: Studio 386​ + Prime Circle crew
Mariska Geyer​
Photos: Deon Van Wyk​

 

Photo link: http://bit.ly/BH17PrimeCircle0817

 

 LJM4434 sml

 

 LJM4362 sml

PHILIP MOOLMAN – residensiele kunstenaar, by Die Blou Hond Teater Restaurant - word deur sommige mense onthou, as Neil Macdonald van “Sonkring,” of Andre Vorster van “Egoli.” Ander assosieer hom, met die helikopter-waaghals, in die program "Skattejag," of met die twee romantiese hoofrolle, wat hy in die Afrikaanse rolprente: "Die Prins van Pretoria" en "Inside Out" gespeel het.

Sy loopbaan het afgeskop (voor Egoli en Sonkring se dae) met die wen van `n landswye sang-en liedjieskryfkompetisie in 1989 - die televisieprogram "GRAFITTI" se "Ster 90" kompetisie. (Dit was die "Pop Idol`s," van daai tyd.) Daarna het verskeie T.V.-produksies gevolg, soos Die Sonkring, EGOLI, Wenners, Die Netwerk, Torings, Die Fourth Reich, Rhythm City, Binnelanders, High Rollers, Sterlopers ens... asook musikale verhoogproduksies, soos: Ester, Liefling en Ons Vir Jou.

Maar Die Blou Hond het Philip Moolman die besigste gehou (die afgelope 10 jaar) waar hy meeste van die vertonings self hanteer het, met afwisseling, deur ander top kunstenaars, soos Prime Circle, Chris Chameleon, Arno Carstens, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Koos Kombuis, Coenie de Villiers… en ongeveer 50 ander bekende plaaslike kunstenaars, wat oor 10 jaar geroteer het. 

Intussen skryf en toonset hy `n magdom Afrikaanse en Engelse liedjies, wat uiteindelik nou die lig gaan sien, met meer tyd op hande, sedert Die Blou Hond-perseel in Johannesburg verkoop is; en die die hele wenresep - saam met die "Hoofhond" en sy hele databasis, van duisende kliente ( "reune, tewe en werpsels") nou oorgeskuif het, na die spoggerige Casa Toscana - in Pretoria - waar Philip nou nie meer die volle restaurant eienaarskap en bestuur hoef te hanteer nie, maar suiwer op die kreatiewe kant van sake kan fokus.

Die hande-vat (of liewer "poot-vat") van die "Blou Bul" en die "Blou Hond" beloof om groot opskudding in Pretoria; asook in die Afrikaanse musiek-kultuur landswyd te veroorsaak, aangesien kunstenaars reg oor die land (asook die publiek) honger is vir venues wat die toets van die tyd kan deurstaan, soos die geliefde Blou Hond wat vir meer as `n dekade lank uit sy nate bars; tesame met die stylvolle Casa Toscana, wat (in eie reg) lank reeds sterk gevestig is. 

Ja-nee, die "hond" het `n bakgat nuwe "hok" gevind; en Pretoria is die PERFEKTE nuwe leplek. Vroeer: `n informele, loslit, residensiele huisteater-restaurant. Nou: die spoggerige "Herehuis-kennels," van Casa Toscana.

Die Blou Hond was nog nooit `n S.P.C.A. / pavement special / steekbaard, of straatbrak gewees nie; maar NOU het hy onteenseglik, `n volbloed Pretoria PEDIGREE HOND geword - met al die inspuitings, inentings, ontvlooiings, ontwurmings en splinternuwe “liksens-pampiere”; waar Philip Moolman (asook dosyne ander TOP Suid Afrikaanse kunstenaars) nou EERS `n "hond uit `n bos" gaan sing!