Philip Moolman

This is some blog description about this site

Stop, wag, sing nog ‘n bietjie ... Brendan Peyper

Posted by on in Blou Hond
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 595
  • Subscribe to this entry
  • Print

#Blouhond is vanaand weer gevul met opwinding oor Brendan Peyper​ wat op die verhoog kom kuier.
Eerste op die verhoog is die merkwaardige Philip Moolman​. Nadat die gaste almal heerlik gesmul het aan Casa Toscana se buffet, skop hy die musiek vir die aand af met sy weergawe van “Nessun Dorma”, wat vir hom ‘n klipharde Blou Hond Blaf en tjank verdien vanaf die waarderende gehoor, gevolg deur sy eie komposisie: “Dis Al”, wat hy opdra aan almal wat liefdesherdenkings vier. Philip se wonderlike humorsin warm die gehoor perfek op voordat hy die voorvertoning kunstenaar: Hanna Boss, voorstel.
Hanna met haar pragtige lang donker lokke betree die verhoog en begin haar vertoning met ‘n opera weergawe van ‘n lied uit die rolprent “Romeo & Juliet”, gevolg deur “Summer Of 69’ waarby Johan Fourie by haar aansluit op die verhoog met sy kitaar. Haar enkelsnit “Daar” (musiek video is beskikbaar op YouTube) is beslis geliefd by die gehoor en sy volg dit op met “Jolene” van Dolly Parton en haar eie komposisie “Verf Jouself”. Hanna het ongelooflike sterk vokale en baie goeie vokale beheer waarmee sy die gehoor se aandag vasvang. Sy het beslis ‘n passie vir die verhoog en sing met oortuigende emosie. Haar klank is kraakvars - ‘n kombinasie van kontemporêr en opera en sy kwyt haar goed van haar taak om die twee te kombineer. Kyk gerus uit vir Hanna Boss!

Na die gebruiklike verleidelike nageregte is dit tyd vir “Bloem se boere japie” - Brendan Peyper!

Brendan verskyn op die verhogr met sy kenmerkende keps, jeans en kitaar in die hand. Hy spring sommer dadelik weg met Ed Sheeran se “Photograph”, gevolg deur: “Jou mond is in die pad” (vanaf sy nuutste album: Hy Loop Oop”) & “Tafelberg Vir Twee”- wat hy oordra met soveel emosie. Hy gee sy gehoor die geleentheid om ‘n paar liede te kies en lewer almal in egte Brendan styl naamlik: “Free Falling”, “Soos Bloed”, Bok van Blerk & Appel se “Lemoene”, “Gambler” - wat hy opdra aan sy oupa wat sy eerste kitaar vir hom gegee het, Elvis se “You Ain’t Nothing But A Hound Dog”, “Pianoman”, Lonestar se “Amazed”, “When You Say Nothing At All”, “Don’t Stop Believing” & “Budapest”. “Koffie Pure Plaas” vanaf sy nuutste album: “Hy Loop Oop” word met ope arms ontvang deur die gehoor. Hy sluit af met 2 gehoor gunstelinge: “Twee Is Beter As Een” & “Stop, Wag, Bly Nog ‘n Bietjie”.

Brendan se tweede huis naas die plaas is beslis die verhoog en mens kan duidelik sien dat hy elke oomblik ten volle geniet agter sy instrumente. Hy is baie veelsydig met sy musiek en gee graag vir sy gehoor waarvoor hulle vra. Sy humorsin hou die gehoor vasgenael en hulle lewe hulle saam met hom in elke noot wat hy sing. Hy het strelende, kalmerende “vocals”, wat jou agteroor laat sit en al die musiek net inneem. Brendan is beslis ‘n top kunstenaar waarop SA trots kan wees!

Brendan Peyper verdien ‘n klip harde Blou Hond blaff & tjank!

Loer gerus op ons webwerf www.blouhond.co.za vir meer inligting oor opkomende vertonings, asook ons “baby sitting services”

Blog: Vasti Lourens​
Photos: Deon Van Wyk​
Voorprogram: Hanna Boss​
Sound: Studio 386​

PHILIP MOOLMAN – residensiele kunstenaar, by Die Blou Hond Teater Restaurant - word deur sommige mense onthou, as Neil Macdonald van “Sonkring,” of Andre Vorster van “Egoli.” Ander assosieer hom, met die helikopter-waaghals, in die program "Skattejag," of met die twee romantiese hoofrolle, wat hy in die Afrikaanse rolprente: "Die Prins van Pretoria" en "Inside Out" gespeel het.

Sy loopbaan het afgeskop (voor Egoli en Sonkring se dae) met die wen van `n landswye sang-en liedjieskryfkompetisie in 1989 - die televisieprogram "GRAFITTI" se "Ster 90" kompetisie. (Dit was die "Pop Idol`s," van daai tyd.) Daarna het verskeie T.V.-produksies gevolg, soos Die Sonkring, EGOLI, Wenners, Die Netwerk, Torings, Die Fourth Reich, Rhythm City, Binnelanders, High Rollers, Sterlopers ens... asook musikale verhoogproduksies, soos: Ester, Liefling en Ons Vir Jou.

Maar Die Blou Hond het Philip Moolman die besigste gehou (die afgelope 10 jaar) waar hy meeste van die vertonings self hanteer het, met afwisseling, deur ander top kunstenaars, soos Prime Circle, Chris Chameleon, Arno Carstens, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Koos Kombuis, Coenie de Villiers… en ongeveer 50 ander bekende plaaslike kunstenaars, wat oor 10 jaar geroteer het. 

Intussen skryf en toonset hy `n magdom Afrikaanse en Engelse liedjies, wat uiteindelik nou die lig gaan sien, met meer tyd op hande, sedert Die Blou Hond-perseel in Johannesburg verkoop is; en die die hele wenresep - saam met die "Hoofhond" en sy hele databasis, van duisende kliente ( "reune, tewe en werpsels") nou oorgeskuif het, na die spoggerige Casa Toscana - in Pretoria - waar Philip nou nie meer die volle restaurant eienaarskap en bestuur hoef te hanteer nie, maar suiwer op die kreatiewe kant van sake kan fokus.

Die hande-vat (of liewer "poot-vat") van die "Blou Bul" en die "Blou Hond" beloof om groot opskudding in Pretoria; asook in die Afrikaanse musiek-kultuur landswyd te veroorsaak, aangesien kunstenaars reg oor die land (asook die publiek) honger is vir venues wat die toets van die tyd kan deurstaan, soos die geliefde Blou Hond wat vir meer as `n dekade lank uit sy nate bars; tesame met die stylvolle Casa Toscana, wat (in eie reg) lank reeds sterk gevestig is. 

Ja-nee, die "hond" het `n bakgat nuwe "hok" gevind; en Pretoria is die PERFEKTE nuwe leplek. Vroeer: `n informele, loslit, residensiele huisteater-restaurant. Nou: die spoggerige "Herehuis-kennels," van Casa Toscana.

Die Blou Hond was nog nooit `n S.P.C.A. / pavement special / steekbaard, of straatbrak gewees nie; maar NOU het hy onteenseglik, `n volbloed Pretoria PEDIGREE HOND geword - met al die inspuitings, inentings, ontvlooiings, ontwurmings en splinternuwe “liksens-pampiere”; waar Philip Moolman (asook dosyne ander TOP Suid Afrikaanse kunstenaars) nou EERS `n "hond uit `n bos" gaan sing!