Philip Moolman

This is some blog description about this site

“VAN TOENTERTYD TOT NOU” - Drie van die Bestes

Posted by on in Blou Hond
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 2652
  • Subscribe to this entry
  • Print

Toe ek en Henrico Coetzer​ ons klanktoets doen, om in die voorprogram op te tree, van DRIE VAN DIE BESTES, toe maak ek die grappie en se: “Dalk moet ons vanaand se vertoning aankondig as “VYF van die bestes,” aangesien ons so `n lekker verskeidenheid het, tussen ons 5 manne op die verhoog. Henrico Coetzer het weer eens betower met sy formidabele stem. Die mense het gestroom tydens pouse, om sy CD te koop. My eie bydrae (voor Henrico se vertoning) was kort en kragtig - meestal om mense op hulle gemak te kry en hulle voor te berei op `n heerlike aand wat sou volg: ek het die verjaardag-maters geluk gewens (met “lekker verjaar ou maat”) en daarna `n mooi, romantiese liedjie gesing vir die huweliksherdenking-paartjies; maar toe Henrico Coetzer lostrek, het mense geweet hulle is in, vir `n onvergeetlike belewenis by Die Blou Hond.

In die kleedkamer (voor die vertoning) het ons lekker geskerts, oor goeie (en grappige) herinneringe oor die afgelope 20 jaar. DRIE VAN DIE BESTES is al lank in die land – nie net as individuele kunstenaars nie, maar ook as groep. Elizma Brink​ (Die Blou Hond se koordineerder) het `n foto daar aangebring van die 3 kerels, van 2 dekades gelede. (Sy het oor dekades as konsert-organiseerder opgetree, vir meeste kunstenaars in ons land, voordat sy by Die Blou Hond begin werk het. Sy ken hulle almal en hulle ken haar.) Ons lag lekker vir die foto, want Kevin Leo​, Mathys Roets​ en Danie Niehaus​ lyk soos 3 romantiese helde uit `n ou “Three Musketeers” film. Ons neem `n huidige foto en plaas die 2 fotos langs mekaar, op `n Whatsapp-groepie en noem dit heel gepas: “VAN TOENTERTYD TOT NOU.”
** foto hieronder in die album

Die vertoning was kleurryk, vol verskeidenheid en verrassings, soos wat `n mens kan verwag van 3 veterane wat elkeen `n meester is, op sy eie gebied: Mathys Roets met sy fluweel stem – dieper as diep, Danie Niehaus wat in verskeie musiek genres en oor verskeie oktawe kan baljaar; en Kevin Leo wat by die beste opera sangers in die wereld kan kers vashou. Wat hulle vertoning ekstra-spesiaal maak, is dat `n mens (in een vertoning) kan luister na `n verskeidenheid van immergroen treffers: van Cottonfields tot Cool & Mellow, van Blouberg Se Strand tot Bobbejaan Klim Die Berg; van O Sole Mio tot O Ryperd… en tussen die 3 van hulle, het hulle die vermoë om grappig, geestelik inspirerend en romanties te kan wees; asook om die gehoor te kan ontroer.

Drie hoera`s vir DRIE VAN DIE BESTES.
Dankie vir `n heerlike (“van toentertyd tot nou”) belewenis.
Mag julle (vir nog baie jare vorentoe) vir ons vreugde bring – beide as individuele kunstenaars en as groep.
Ons sien uit na julle volgende vertoning by Die Blou Hond.
(Woef!)

Blog to follow: Philip Moolman​
Sound: Studio 386​
Photos: Deon Van Wyk​

Renault Retail​

 

Photo link: http://bit.ly/BH17DVB0818

 LJM4614 sml

 

 LJM4576 sml

PHILIP MOOLMAN – residensiele kunstenaar, by Die Blou Hond Teater Restaurant - word deur sommige mense onthou, as Neil Macdonald van “Sonkring,” of Andre Vorster van “Egoli.” Ander assosieer hom, met die helikopter-waaghals, in die program "Skattejag," of met die twee romantiese hoofrolle, wat hy in die Afrikaanse rolprente: "Die Prins van Pretoria" en "Inside Out" gespeel het.

Sy loopbaan het afgeskop (voor Egoli en Sonkring se dae) met die wen van `n landswye sang-en liedjieskryfkompetisie in 1989 - die televisieprogram "GRAFITTI" se "Ster 90" kompetisie. (Dit was die "Pop Idol`s," van daai tyd.) Daarna het verskeie T.V.-produksies gevolg, soos Die Sonkring, EGOLI, Wenners, Die Netwerk, Torings, Die Fourth Reich, Rhythm City, Binnelanders, High Rollers, Sterlopers ens... asook musikale verhoogproduksies, soos: Ester, Liefling en Ons Vir Jou.

Maar Die Blou Hond het Philip Moolman die besigste gehou (die afgelope 10 jaar) waar hy meeste van die vertonings self hanteer het, met afwisseling, deur ander top kunstenaars, soos Prime Circle, Chris Chameleon, Arno Carstens, Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Koos Kombuis, Coenie de Villiers… en ongeveer 50 ander bekende plaaslike kunstenaars, wat oor 10 jaar geroteer het. 

Intussen skryf en toonset hy `n magdom Afrikaanse en Engelse liedjies, wat uiteindelik nou die lig gaan sien, met meer tyd op hande, sedert Die Blou Hond-perseel in Johannesburg verkoop is; en die die hele wenresep - saam met die "Hoofhond" en sy hele databasis, van duisende kliente ( "reune, tewe en werpsels") nou oorgeskuif het, na die spoggerige Casa Toscana - in Pretoria - waar Philip nou nie meer die volle restaurant eienaarskap en bestuur hoef te hanteer nie, maar suiwer op die kreatiewe kant van sake kan fokus.

Die hande-vat (of liewer "poot-vat") van die "Blou Bul" en die "Blou Hond" beloof om groot opskudding in Pretoria; asook in die Afrikaanse musiek-kultuur landswyd te veroorsaak, aangesien kunstenaars reg oor die land (asook die publiek) honger is vir venues wat die toets van die tyd kan deurstaan, soos die geliefde Blou Hond wat vir meer as `n dekade lank uit sy nate bars; tesame met die stylvolle Casa Toscana, wat (in eie reg) lank reeds sterk gevestig is. 

Ja-nee, die "hond" het `n bakgat nuwe "hok" gevind; en Pretoria is die PERFEKTE nuwe leplek. Vroeer: `n informele, loslit, residensiele huisteater-restaurant. Nou: die spoggerige "Herehuis-kennels," van Casa Toscana.

Die Blou Hond was nog nooit `n S.P.C.A. / pavement special / steekbaard, of straatbrak gewees nie; maar NOU het hy onteenseglik, `n volbloed Pretoria PEDIGREE HOND geword - met al die inspuitings, inentings, ontvlooiings, ontwurmings en splinternuwe “liksens-pampiere”; waar Philip Moolman (asook dosyne ander TOP Suid Afrikaanse kunstenaars) nou EERS `n "hond uit `n bos" gaan sing!