Blog

This is some blog description about this site

“Sit kêrels” - Adam Tas

Posted by on in Blou Hond
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 451
  • Subscribe to this entry
  • Print

Met die donderweer wat liggies buite rommel, is dit gesellig binne die uitverkoopte teater vanaand. Philip Moolman verwelkom almal & vertel van ‘n paar interessanthede soos die ‘Blou Hond app’ wat mens op jou slimfoon kan aflaai asook dat daar met elke vertoning ‘n spyskaart gaan wees, met kos vanuit ‘n spesifieke land. Vanaand smul ons aan eg Suid-Afrikaanse disse. Philip bring musikale hulde aan Johannes Kerkorrel met “Hillbrow” & “Sit dit af” & stel dan vanaand se voorprogram kunstenaar voor. Die skraal, elegante Stella woon op Carolina, is met ‘n boer getroud & begelei haarself op die akoestiese kitaar. Sy noem haar program, haar eie interpretasie van die tradiosionele gebruik “Something old, something new, something borrowed, something blue”. Dit sluit in onder andere “Blou” (geskryf deur André Swiegers), twee van haar eie komposisies, “Nuwe Môre” & "Die Berge blou" ‘n lied wat sy vir haar pa (wat in 2013 oorlede is) geskryf het, asook “Black horse & a cherry tree” (KT Tunstall). Stella se sielvolle stem, gestroopte, eerlike interpretasie het my beslis gewen as aanhanger. Sommer met die intrapslag, gee Adam Tas met sy kenmerkende breë glimlag, erkenning aan Stella. Die manne wat vanaand saam met Adam optree (hy self speel die askoestiese kitaar) is Tommy Fraser op dromme & Lourens Delport op elektriese kitaar & “backing vocals”. Sommer gou neem Adam die gehoor op ‘n storie reis met sy eie komposisies soos “Ek is ryk” (saam met Stella), “Melk & heuning vrou”, “Is dit hoe die hemel lyk” & “Song vir die myners”. “Ben Bicycle”, “’n Man soos my pa”, “I am I said” (Neil Diamond), “House of the rising sun” en “Victoriabaai” (geskryf deur Lucas Maree) maak ook deel uit van hierdie heerlike saamkuier aand. Die Ghoema genomineerde Adam sluit af met die humoristiese “Sit kêrels”.

 

Gaan loer gerus op Die Blou Hond se sosiale platforms vir opkomende vertonings.

 

Blog Marne de Kock

Photos Deon van Wyk

https://www.facebook.com/pg/blouhondwoof/photos/?tab=album&album_id=1205620286264881

Sound Studio 386

6I7A1276 600 x 400

 

6I7A1123 400 x 600

About Philip Moolman

PHILIP MOOLMAN – residensiele kunstenaar, by Die Blou Hond Teater Restaurant - word deur sommige mense onthou, as Neil Macdonald van “Sonkring,” of Andre Vorster van “Egoli.”Read More...

 

About Die Blou Hond

Die Blou Hond het Philip Moolman die besigste gehou (die afgelope 10 jaar) waar hy meeste van die vertonings self hanteer het, met afwisseling, deur ander top kunstenaarsRead More...

 

Latest Blog Post

Contact






Popular Posts

DIE NUWE BLOU HOND - IN PRETORIA
DIE BLOU HOND het `n nuwe "hok" gekry - CASA TOSCANA LODGE  in Pretoria. ------------------------------------------------------------------------------------------------- Die Blou Hond (huis-te...
About Philip
PHILIP MOOLMAN - LIVE ENTERTAINMENT - IDEAL FOR: YOUR BIRTHDAY / OFFICE FUNCTION / WEDDING / FUND RAISING EVENT BREAKFAST / LUNCH / DINNER, with versatile, resident “hound dog” (actor / singer)...